PROCARE Adoptions

A blog about adoption experiences

Vir 17 jaar het ons probeer om swanger te raak

Leave a comment

Vir  17 jaar het ons probeer om swanger te raak, maar dit was ons nie beskore nie.   Ons het sessies by n Infertiliteits Kliniek  bygewoon en ek was al 10 keer kunsmatig geinsimineer.  Sonder sukses…

Ons het nooit gedink aan aanneming nie, maar die gedagte het begin pos vat.  Ek het dadelik die wiel aan die rol gesit en op die internet begin rond soek.  Toe kom ek op PROCARE af. Ek het dadelik begin bel en afspraak gereël en ons het begin met die proses.  Die Maatskaplike Werkers was baie behulpsaam en vriendelik.

Ons het gevoel ons is deel van n familie, ons kon enige tyd enigiets vra waarvan ons onseker was.

Toe ons die oproep van Procare kry dat daar n baba seuntjie is was ek en my man alklaar opgewonde en het so uitgesien na die bondeltjie vreugde. Ek het al alle voorbereiding getref, baba kamer ingerig alle benodighede van die baba gekoop,ens. Kort daarna het  was ons hof toe om die finale papier werk te doen.  Dit was n dag wat ek nooit sal vergeet nie.  Toe ontmoet ons vir Royston. Hy het diep in ons harte gekruip. Ons oë was vol trane van blydskap.

Die leemte van al die jare was skielik gevul met  vreugde en die gedagte dat hy ons sin is, was oorweldigend. Ons kon nie wag om by die huis te kom en hom vir onsself eers te hê nie.  Die res van die familie en vriende was saam met ons bly.

20131225_130558

Royston het iets in ons lewens kom doen wat onbeskryflik is. Dit is n mengsel van klomp gevoelens.

Vandag is ons nie spyt dat ons hom aangeneem het nie.  Dankie PROCARE. Julle het ons ouers

gemaak en ons is trots daarop.

 

Ian en Westony

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s