My mooie seuntjie is vanjaar 1 jaartjie oud…..
Hy loop die hele wêreld vol en het ‘n gesonde nuuskierigheid wat hom baie besig hou :-).
Daar pryk al 7 tandjies in sy mondjie en hy kou aan absoluut alles. Hy praat en sing
‘n hond uit ‘n bos uit en vandat hy sy beentjies ontdek het, dans hy ook – te ougat.
Hy weeg ‘n volle 13.8kg en dra die gewiggie met trots rond.
Hy het genoeg charm in sy klein vingertjie om ‘n saal mense se harte te steel en
is absoluut die middelpunt van ons hele gesin se aandag. Hy en Oupa het ‘n
besondere band gevorm en hulle is saam-saam ‘n handvol :-).
Kan nie glo die tyd het so vinnig verbygegaan nie! Kyk met trots na hom en sê net
weer dankie vir so ‘n groot seening.
Noelene
April 24, 2014 at 9:36 am
Baie geluk Noelene met jul Pragkind se 1ste Verjaarsdag.
LikeLike