PROCARE Adoptions

A blog about adoption experiences

`n tyd vir gee

Leave a comment

A heart-warming letter from a kangaroo mom

Februarie 2014 kom ek diep onder die indruk dat ek iewers behulpsaam wil raak by` n saak,`n organisasie of`n instelling waar ek die geleentheid kan kry om `n bietjie van myself te gee , eerder as om net altyd te wil ontvang. Ek was bewus van PROCARE se betrokkenheid by ‘n  ” kangaroo-ma-wees” program vir babas sonder ‘n heenkome. Ek het hulle genader en kort voor lank kry ek toe die pragtigste babadogtertjie. Sy was net  vier daggies oud toe ons haar gekry en ons kon vir haar ‘n naam gegee omdat sy ‘n verlate baba was. Sy word toe ” ons” Cattleya. Ons hele gesin was dadelik betrokke by haar daaglikse roetine en sy was gou deel van die Cronje-huishouding. Almal wat haar ontmoet het het onmiddelik lief vir haar geraak en in ons familie en vriende se lewens het sy `n groot en `n diep indruk gelaat. Met haar warm,sensitiewe, introvert geaardheid trap sy diep spore in ons almal se harte.

Sy het gegroei, floreer en ontwikkel in `n mensie met n lieflike persoonlikheid. Ons het al hoe meer geheg geraak aan die ou lyfie, vir wie ons so maklik kon versorg en koester.Wat ‘n tevrede babatjie!

Omdat daar nie `n geboorte-mamma betrokke was nie, het haar saak langer geneem as gewoonlik. Teen haar vierde maand by ons, gee PROCARE Wes kaap vir ons die profiel van die aanneemouers wat gekeur is deur PROCARE Gauteng. Met die eerste oogopslag sien ons dat die aanneem pappa geweldig baie na Cattleya lyk.  In my gemoed as kangaroo mamma , begin die afskeidsproses toe. Met elke doktersafspraak en bloedtrek-sessie neem ek afskeid.  Dit bereik vir my `n emosionele hoogtepunt, of dalk `n laagtepunt, met die skryf van `n briefie aan die voornemende aanneemouers en aan Cattleya. Die plasing is gerëel en ek het nie geweet wat om te verwag nie, maar ek was so dankbaar vir haar onthalwe. Vol van emosie ontmoet ons haar aanneem ouers, en dit voel asof ons mekaar lank reeds ken.Hulle beloof om kontak te behou en dit is vir ons `n troos. Wat ‘n bitter-soet ervaring.

Die volgende week was ek gereeld in kontak met die nuwe pappa en mamma ,…wat ‘n voorreg!. Ons gesels, leer mekaar ken en waardeer – hulle, vir wat ons gedoen en beteken het vir hulle baba en ons – vir wie hulle is en waarvoor hulle staan. Ek stuur fotos van haar op `n daaglikse basis en hulle raak lief vir die lewetjie wat aan hulle toevertrou is. Na 5 maaande het ek haar afgegee sodat sy `n lewe, wat vir haar beplan is, kan leef, want dit was ‘n tyd om te gee…

KAREN CRONJE

IMGP4133

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s