PROCARE Adoptions

A blog about adoption experiences

Ons wonderwerk-seuntjie

Leave a comment

Familie

Liewe Procare,

Tyd vlieg! Kan julle glo dat dit al ‘n jaar en drie maande is vandat ons, ons pragtige wonderwerk-seuntjie gekry het?  In die laaste jaar was ons bevoorreg om ‘n paar aardige nuwe dinge te leer, soos a) dat ‘n toiletrol wat in ‘n vol bad water gegooi word drie dae neem om droog te word, b) dat enige iets, en ek bedoel letterlik enige iets, in ‘n toilet afgespoel kan word en c) dat dit moeilik is om ‘n sestien maande oue seuntjie te keer as hy almal in die supermark oor die kop probeer slaan met die mop wat jy nou net gekoop het!  En die beste van dit alles is die wete dat dit doodgewone dinge is wat deur ‘gewone’ ouers ook ervaar word.

Dankie dat julle dit vir ons moontlik gemaak het om ouerskap te ervaar.  Danksy baie gebede van vriende en familie, asook die harde en liefdevolle werk van Procare en ons engeltjie-mamma (dit is die naam wat ons vir ons kangeroo-mamma gegee het), ervaar ons nou elke dag die voorreg van ‘n paar mollige baba-armpies wat om ons kruip om daardie spesiale drukkies te gee.  Brendon is die ongelooflikste klein mensie met die sagste persoonlikheid.  Hy het ‘n eiesoortige ondeundheid as daardie duisende sterretjies so in sy ogies begin flikker.  Woorde kan nie vertel hoe lief ons vir hom is nie.

Ons sal die Here nooit genoeg kan dank vir ‘n pragtige biologiese mamma en pappa wat die keuse gemaak het om ons klein seuntjie te laat lewe en aan ons toe te vertrou nie.  Daarmee saam dank ons God vir die Procare-personeel en Brendon se Kangeroo-familie wat die pad saam met ons gestap het.  Dit is ‘n voorreg om nogsteeds kontak te kan behou met die personeel en sy Kangeroo-familie en om elke kort-kort by julle te kan spog met nuwe nuus en foto’s.

Liefde, Gordon en Francis

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s