PROCARE Adoptions

A blog about adoption experiences

‘n baba seuntjie vir ons

Leave a comment

Ons wou vreeslik graag ‘n baba seuntjie aangeneem het maar is versoek dat ons dogtertjies ook in sluit. Dit kon moontlik die aanneeming vinniger maak.  

Al die maande se wag en hoop laat mens droom oor ‘n kindtjie wat vir ons wag, ons het gewonder of hy al gebore is, is hy veilig, kry hy liefde en word hy goed versorg en so dwaal mens se gedagtes maar dag in en dag uit. Ten spyte van die feit dat ons op n stadium getwyfel het of ons moet voort gaan of nie het ons die oproep van Procare uiteindelik ontvang om te se dat daar ‘n baba seuntjie vir ons is!  Ons het dadelik geweet dit is wat die Here vir ons lewens wil he.   

Die eerste keer toe ons, ons seuntjie sien en vas kon hou kan nooit in woorde beskryf word nie.  Ons het dadelik ‘n band met ons seuntjie gehad wat ook onverstaanbaar is.  Mense se dit gaan so dol met ‘n nuwe baba en daar is soveel veranderings en aanpassings maar dit was asof dit net so moes wees. Hy is die pragtigste liefdevolste baba seuntjie wat daar in hierdie hele wereld is, ek is seker.  So ampertjies het ons hom heeltemal gemis en ons weet nou dat dit die pad vir ons drie is. 

Hy is ongelooflik soet huil net as hy honger is en is so bietjie knieserig as hy moeg is maar ‘n droom baba.  Sy ou gesiggie helder so op as hy sy pappa sien en die twee stoei en trek gesigte dat hy uit sy ou maagie uit lag dis vreeslik kosbaar om te sien. Al die glimlaggies wat ons kry en hy kan selfs nou al drukkies gee.  Dis ‘n ongelooflike voorreg om te sien hoe hy elke dag ontwikkel.  

Hierdie klein mannietjie het ons harte gesteel dis verseker en ons weet in ons harte dat dit regtig “ons” kindtjie is en almal se hy lyk soos sy pappa, dit kan ook nie verduidelik word nie maar ons weet dat hy vir ons bestem was lank voor enige van ons geboortes. 

Ons sien uit na baie jare saam ons spesiaale seuntjie en sal ewig dankbaar wees aan die biologiese mamma. Die Here het haar gebruik om vir ons die grootste geskenk te gee wat ons ooit sal kry.  Daar is soveel dankbaarheid in ons harte. 

Ons het net so groot dankbaarheid vir Procare wat elke tree van die pad wat ons gestap het by ons was.  ‘n Baie groot dankie aan  Procare hoof kantoor wat werklik ons hande vas gehou het en al die ondersteuning vir ons gegee het. 

 

 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s